Vanjaar gaan die Potchefstroom Sakekamer WILD as dit by MTB en Trail Running kom!
As jy en jou gesien van die buitelug hou en gesondheidsbewus is, is die GAAN WILD MTB & Run die regte medisyne vir jou. Hierdie bergfiets en hardloop kompetisie vind vanjaar van 1-2 Mei by Lekwena Wildlife Estate in Potchefstroom plaas. Deelnemers staan die kans om pryse ter waarde van R50 000.00 te wen.
Al die bergfiets- en hardlooproetes pronk met natuurskoon, koppies, ‘n uitkyk van allerhande wilde diere, uitdagings en talle waterpunte.
Ons nooi alle proffesionele, avontuurlustige en amateur bergfietsryers en drawwers uit om die geleentheid saam met ons te geniet.
Kom kuier in Potchefstroom vir die naweek en besoek gerus al die besienswaardighede wat ons stad bied.
Moenie uitmis op hierdie avontuurlustige ervaring nie en skryf vandag nog in deur die skakel te volg: https://www.entryninja.com/events/77678-gaan-wild-mtb-run
Ons sien jou daar!