Die Potch-Tlokwe Sakekamer, tesame met die Noordwes Universiteit as vennoot, het op 4 Mei 2019 hul eerste nasionale bergfietswedren gehou. Die stof het behoorlik tussen die fietsryers op die 15km, 45km en 95km roetes gewaai. Die adrenalien het gepomp soos die fietsryers gekompeteer het om weg te stap met pryse wat ter waarde van R50 000-00 was. Natuurlik, was die roete so gevul met Potchefstroom se natuurskoon dat die fietsryers nie uitgepraat kon raak daaroor nie. Die roete het iets van alles bevat- van draaie en swaaie, modder en klippe tot koppies en klowe. Dit was baie, baie lekker! “Ek bly in Potch en het nog nie sulke lekker paadjes gery nie. Daar was baie mooi stukkies, maar dit was taai ook! Ek het nie geweet Potch het so baie klimme nie. Hierdie was my eerste, maar verseker nie my laaste keer nie,” sê Danielle Strydom (die 95km wenner van die senior vroue).
Die fietsrydag was ’n reuse sukses met meer as 300 inskrywings, besoekers van heide en verre, asook ondersteuners wat met groot gees en afwagting die fietsryers op die Joolgronde aangemoedigd het. “Die doel van die fietsrydag was om toeriste na Potchefstroom te lok, om sodoende vir sakebedrywighede in ons gemeenskap ‘n ekonomiese inspuiting te gee,” sê Bennie Groenewald (Voorsitter van die Potch-Tlokwe Sakekamer). Hy het ook met baie opwinding vertel dat dit ook geïnisieer is met die doel om die Potch gemeenskap iets te bied waarna hulle kan uitsien en deel van kan wees. “Ons gaan beslis volgende jaar weer die NWU MTB Challenge aanbied, dit was verseker een vir die boeke!”
Die Sakekamer en al die bestuurslede bedank die Noordwes Universiteit vir hul strategiese vennootskap van prysgeld en die Joolplaas. Die boere wat hul plase beskikbaar gestel het om ’n uitdagende en natuurskone roete moontlik te maak. Die boere sluit in: Bob Haagner van Haagners Poultry Farm, Rob Bandini van Bandini Farms, Jan Jacobs van Roepersfontein, Gerrit Dippenaar van Boschoek, John Taggart van Witkoppiesfontein, Leslie Taggart van Perdekop, Leon Lubbe van Touchdown, Theo en Willem Strydom van Boschhoek, Johan Janse van Rensburg van Lekwena, Soetdorings Plaas, Zack van der Merwe van Helderzight en Sunny Havenga van Wag ‘n Bietjie. Die Verkeersdepartement, gemeenskap en studente wat bereidwillig was om padbeamptes te wees. “Sonder al die Sakekamer se bestuurslede, helpers en stalletjies sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie,” sê Bennie dankbaar.
Geluk aan al die wenners van die NWU MTB Challenge 2019:
15 km Pretroete:
42 km Junior Vroue:
42 km Junior Mans:
95 KM Vroue:
95 km Mans:
2. Brendan van Eeden met ’n tyd van 3:15:49
3. Philimon Sebona met ’n tyd van 3:15:50
Bron: https://potchefstroomherald.co.za/60876/nwu-bergfietswedren-n-groot-sukses/